Thursday, 23 June 2011

Spinasie pastei

Spinasie pastei

Indien jy graag iemand wil bederf ( dit mag jy self wees) met n vars tuis gebakte pastei maar geen talent of kook vernuf het nie , is die resep defnitief vir jou. Dit is maklik, dit is vinning en dit is fantasie.

Bestandele

2 groot bondels spinasie
5 eetlepels botter
1 teelepel asofoetida poeier
een  teelepel swart pepper
 1/4 tee lepel nutmeg
2 teelepels gewone meel
3/4 koppie volroom melk
250g  Feta kaas / maaskaas
375 g Filo deeg (pastry)
1 koppie gesmelte bitter om deeg mee te verf

Metode

  1. Plaas die spinasie in n pot op stoof op lae hitte en kook saam met die botter, pepper en sout. Laat spinasie kook, verminder hitte en laat dit stadig verder kook totdat dit sag is en vloeistof  verdamp het.
  2. Smelt 2 eetlepels botter in 'n aparte klein pan en voeg die asofoetida by en saute vir paar oomblike.
  3. Voeg die nutmeg en meel by en saute vir een minuut.
  4. Voeg die melk by en roer stadig en versigtig totdat die mengsel kook en dikker word. Verwyder van hitte en voeg by die spinasie
  5. Voeg die kaas ook by spinasie em meng alles goed saam. Laat staan die mengsel om te laat afkoel.
  6. Neem die filo deeg versigttig en plaas velletjies een vir een in gepaste bak. Verf die gesmelte botter versigtig tussen elke velletjie. Gebruik helfte van die filo deeg vir die bodem. Plaas dan die spinasie mengsel bo-op en bedek dan met die res van die filo deeg. Verf die boonste laag ook met botter.
  7. Bak in oond teen 180 C vir 20 -30 min
  8. Laat afkoel, en eet en indien jy lus is deel met ander :)





No comments:

Post a Comment